Union Stars se vrouespan is SWD- kampioene

Michelle Weyers (links agter), voorsitter van SWD se Vrouekrieketkomitee, saam met Union Stars se vrouespan wat Saterdag die SWD Vroueliga gewen het. Agter van links  is Miehantay Moos, Sunelle Coetzee, Minoreen Bredenkamp, Clarissa Stuurman (lid van die uitvoerende komitee), Francisca Bantom, Elize Arendse, Kelsey Stuurman, Pieter Stuurman (heel agter), afrigter, en Katrisha Strydom, spanbestuurder. Voor van links is Haroline Rhodes (kaptein), Holedene Goliath, Jane Winster, Miceala Andrews en Jeneviwe Jantjies.

Deur Higgo Jacobs
DIE vrouespan van Union Stars het Saterdag die SWD Vroueliga gewen deur vir Mosselbaai oortuigend met 5 paaltjies in die eind-stryd te verslaan.

Stars was die verde-digende kampioene.

Mosselbaai het eerste gekolf en kon slegs 50 lopies aanteken.

Haroline Rhodes het met ’n ontleding van 6 paaltjies vir 17 lopies die hart uit Mosselbaai se span geruk.

Union Stars het slegs 13 beurte nodig gehad om die wentelling van 56 lopies vir 5 paaltjies aan te teken.

Log in with your credentials

Forgot your details?