Twaalf ry vinniger!

Die span nadat die 202 km afgelê is. Voor van links staan Rico Bence, Mario Macleod, Louis Visser Jnr, Jade Gerber en Essie Esterhuyse. Agter staan Riaan van der Westhuizen, Thinus Eloff, Louis Visser, Corné Bence, Ebert Vermeulen, Ryno Olivier en Louis Lategan.

Die span nadat die 202 km afgelê is. Voor van links staan Rico Bence, Mario Macleod, Louis Visser Jnr, Jade Gerber en Essie Esterhuyse. Agter staan Riaan van der Westhuizen, Thinus Eloff, Louis Visser, Corné Bence, Ebert Vermeulen, Ryno Olivier en Louis Lategan.

Deur Ilze-Mari Gründling
TWAALF fietsryers van Oudtshoorn het die afgelope naweek gewys hulle het murg in hul pype deur die derde keer ’n jaarlikse wedren oor 202km te voltooi en hul vorige tyd daarin met digby 16 minute te verbeter!

Rico Bence, Mario Macloed, Louis Visser (jr), Jade Gerber, Essie Esterhuyse, Riaan van der Westhuizen, Thinus Eloff, Louis Visser (sr), Corné Bence, Ebert Vermeulen, Ryno Oli-vier en Louis Lategan het die Coronation Double Century in ’n tyd van 7 uur 13 min voltooi.

“Nie te sleg vir ’n groep werkende fietsryers wat aan byna geen wed-renne deelneem nie!” sê Visser (sr).
Die Coronation Double Century se roete begin op Swellendam en lei via Barrydale, Robertson en Bonnivale terug na Swellendam.

“Om 202 km aan te durf, was vir ons span nie net ’n uitdaging nie, maar ook ’n geleentheid om tyd saam met fietsryvriende deur te bring. Die meeste van ons het ons persoonlike vermoëns behoorlik beproef. Een van ons doelwitte was dat al twaalf ryers saam klaarmaak, maar dit was ons nie vanjaar beskore nie,” sê Visser.

Volgens hom het Corné Bence ’n meganiese probleem met sy fiets ondervind wat nie op die pad herstel kon word nie.

“Hy het ’n gedeelte van die roete in ’n voertuig afgelê, maar later weer by die span aangesluit en saam klaargemaak.”

Volgens Visser was dit ’n ervaring wat karakter gebou en vriendskapsbande verstewig het.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?