Tennisjaar op hoë noot afgesluit

Christine  van Coller  en Johann  Koch saam met Kobus Geyser,  Garnett  Wicomb jr,  HW de Waal  en EG  Marais. Foto: Garnett Wicomb

Christine van Coller en Johann Koch saam met Kobus Geyser, Garnett Wicomb jr, HW de Waal en EG Marais. Foto: Garnett Wicomb

Deur Garnett Wicomb
DIE tennisafrigters, Christine van Coller en Johann Koch, het ter afsluiting van die jaar se tennisafrigting verskillende tennisrondomtalies oor twee dae vir die kinders op die tennisbane van Langenhoven Gimnasium aangebied.

Sowat 80 kinders het deelgeneem.

Daar is balspeletjies vir jonger kinders aangebied om onder meer hul balvaardigheid te verbeter.

Vir die meer gevorderde tennisspelers, laer- en hoërskool, is daar ’n rondomtalie aangebied.

In dié afdeling het Garnett Wicomb jr, wat al sy wedstryde gewen het, en HW de Waal (9), wat slegs een wedstryd verloor het, die eerste plek gedeel. EG Marais en Kobus Geyser het sake om die 3de en 4de plekke uitgespook.

“Die kinders het die toernooi baie geniet en goeie sportmangees openbaar. Tussenin is daar heerlik in die swembad baljaar en die jaar is op ’n hoë noot afgesluit,” het Van Coller gesê.

“Die afrigters wil graag die ouers vir hul volgehoue ondersteuning bedank. Ons wens almal ’n geseënde Kersfees en voorspoedige 2018 toe en sien uit om almal in 2018 terug te verwelkom.”

Log in with your credentials

Forgot your details?