SWD staan sy man in Sunfoil

Die SWD-bouler Glenton Stuurman in aksie tydens sy span se wedstryd die naweek teen OP. Stuurman het 5 paaltjies vir 24 lopies laat kantel in die driedagwedstryd wat gelykop geëindig het.

Die SWD-bouler Glenton Stuurman in aksie tydens sy span se wedstryd die naweek teen OP. Stuurman het 5 paaltjies vir 24 lopies laat kantel in die driedagwedstryd wat gelykop geëindig het.

Deur Wyndham Ewerts
DIE SWD-krieketspan het die naweek op die Rec in sy eerste driedaagse KSA Sunfoil-wedstryd van die seisoen sy man gestaan teen Oostelike Provinsie (OP) wat al lank in dié liga meeding.

OP, wat eerste gekolf het, is beperk tot slegs 115 lopies. Die SWD se Glenton Stuurman het veral groot skade met die bal aangerig deur 5 paaltjies te laat kantel vir 24 lopies.

SWD het hierna geantwoord met 235 lopies wat aan hulle ’n voorsprong van 120 lopies besorg het. Obus Pienaar (50), Hanno Kotze (44) en Sammy Joe Avontuur (40) was die beste SWD-kolwers.

OP het in sy tweede kolfbeurt beter gevaar danksy ’n reuse-vennootskap van 201 lopies tussen Kelly Smuts (170) en Tiaan Koekemoer (63). OP het die beurt op 368/8 gesluit verklaar ná 122 boulbeurte.
Met te min tyd vir ’n uitslag is die wedstryd onbeslis verklaar.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?