Swanepoel wen

Deur Higgo Jacobs
DIE Oudtshoorn Gholfklub se stableford-gholfdag Saterdag is gewen deur Piet Swanepoel met ’n telling van 43 punte.

Deon Barnard en sy vrou, Celeste, was op ’n uittel van 39 onderskeidelik tweede en derde, gevolg deur Viviers Strauss (38) en Jaco Mortlock (37).

Barnard het die boerpot gewen en Anton Kock het op die agtste putjie die naaste aan die pen geslaan.

Coenie Coetzee en Marius Wilken het op die derde putjie elk ’n spogtwee geslaan, WM Badenhorst en Llewellyn Rheeder op die twaalfde en Niel Truter op die vyftiende.

Log in with your credentials

Forgot your details?