Swanepoel en Smith eerste

Pieter Swanepoel (naaslinks) en Chris Smith (regs) het Saterdag die Eljada-Kairosskool se gholfdag op die Oudtshoorn Gholfbaan gewen. By hulle is Pieter Nel (naasregs) van Oudtshoorn Ford, hoofborg van die dag, en Gideon Badenhorst (klubkaptein). Altesame 64 spelers het afgeslaan.  Foto: Higgo Jacobs

Deur Ben du Preez
DIE Eljada-Kairosgholfdag is Saterdag (11 Maart) deur Pieter Swanepoel en Chris Smith met ’n telling van 49 punte gewen.

Wico Lourens en Dawid Greeff, Coenie Coetzee en Neill Truter en Sarel Fick en Deon van Dyk, almal met 46 punte, was op ’n uittel onderskeidelik tweede, derde en vierde.

Louis Fourie en Francois Beets was vyfde met 45 punte.
Annaline Badenhorst het op die 13de puntjie die verste gedryf.

Pieter Swanepoel was op die 3de putjie naaste aan die pen en Pietie Mooney op die 15de.
Nico Louwrens het ’n spogtwee op die 18de geslaan.

• Lollies van Rensburg het Woensdag, 8 Maart, se individuele putjie-spel met ’n telling van 44 punte gewen. Billy Capel (38) was tweede en Louis Slabbert en Fanie Greeff, albei met 36, op ’n uittel derde en vierde. Marius Greeff (35) was vyfde.

Dit was Van Rensburg se ge-lukkige dag aangesien hy ook naaste aan die pen was op die 8ste, ’n spogtwee op dieselfde putjie geslaan het, en boonop die boerpot met Coenie Coetzee gedeel het.
Frans Cilliers het ’n spogtwee op die 12de putjie geslaan.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?