Stof in besoekers se oë geskop!

Vier atlete van Oudtshoorn onder die voorlopers tydens die tweede skof van die Dryland Traverse, is Francois Ma-quassa (links), John April (naaslinks), Ettiëne Plaatjies (derde van links) en Gershwill Jacobs (naasregs). Foto: Oakpics.com

Vier atlete van Oudtshoorn onder die voorlopers tydens die tweede skof van die Dryland Traverse, is Francois Ma-quassa (links), John April (naaslinks), Ettiëne Plaatjies (derde van links) en Gershwill Jacobs (naasregs). Foto: Oakpics.com

Deur Schalk le Roux
LANGASEMS van Oudtshoorn het vanjaar se Dryland Traverse, ’n vierdagveldwedloop wat Sondag by De Hoek Berg- oord aan die voet van die Swartberge geëindig het, oorheers en besoekende atlete van wyd en syd gewys waar Dawid die wortels gegrawe het.

Die uitdagende veldloop, wat ’n draai deur die Kango Grotte en ’n skof teen die Swartberge uit ingesluit het, is gewen deur Ettiëne Plaatjies en Gershwill Jacobs wat as span deelgeneem het en drie van die veldloop se vier skofte gewen het.

Nog twee atlete van Oudtshoorn, John April en Francois Maquassa, was die tweede span oor die eindstreep en twee Ikey-studente, Timothy Chambersen en Robert Rorich, die derde span.
Die vroue-spanwenners was Nicky Steel en Kate Warner en die gemengde spanwenners Chris Walley en Danette Smith.

Michael Bester het die solo-mansafdeling gewen en Annalise Scholtz die solovroue-afdeling.
Die Oudtshoorniete wat die Dryland Traverse voltooi het, is: Rico Groenewald en Newald Groenewald (10de mansspan); Cornelia Burger en Benita Olivier (13de vroue-span; Bert Verlinde (7de soloman); Kobus Barnard (13de soloman); Jacques Roller (34ste soloman); Hein Jonker (50ste soloman); Louisa-Ann Ungerer (7de solovrou); Mona-Mare Griffioen (16de solovrou); Liesl Jonker (47ste solovrou); en Mari-Lu Roller (50ste solovrou).

Die Dryland Traverse is nie net bekend vir die skilderagtige omgewing, soos onder meer die Kango Grotte, hange van die Swartberge en die Rust-en-Vredewatervalomgewing waardeur die roete lei nie, maar ook vir sy gesellige gees van kameraderie onder die deelnemers, lekker etes, die baie foto’s (veral selfies) wat geneem word en laaste, maar nie die minste nie, Saterdagaand se “fancy dress” met die tema “Sirkus in die Klein Karoo”.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?