Stander, Aries wen

Louis Stander (links) en Jakobus Aries, Saterdag se wenners van die Burgemeesters-gholfddag.  Foto: Wyndham Ewerts

Louis Stander (links) en Jakobus Aries, Saterdag se wenners van die Burgemeesters-gholfddag. Foto: Wyndham Ewerts

Deur Higgo Jacobs
DIE baie geslaagde Oudtshoorn Burgemeestersgholfdag Saterdag is deur Jacobus Aries en Louis Stander met ’n telling van 83 punte gewen.

F Abrahams en A Theunissen (79 punte) was tweede gevolg deur Colin Swigelaar en M Groenewald (78), D en C Rex (75) en Anton Kock en P du Plessis (66).

Altesaam 96 spelers het deelgeneem aan ’n interessante 4BBB-kompetisie met ’n kinkel (twist).

WM Badenhorst het op die 3de putjie die naaste aan die pen geslaan. Spogtwees is deur Danie

Terblanche op die 3de putjie, S Botha op die 12 de en N Wolmarans op die 15de geslaan.

• Woensdag, 29 November, se individuele stableford-gholfdag is deur Jean Neethling met 41 punte gewen. Higgo Jacobs (40 punte) was tweede, Ferdi Jonck (39) derde, Marius Wilken (37) vierde en Matthews Wilken (36) vyfde.

Anneline Badenhorst het die boerpot gewen en Neethling het op die 12de putjie die naaste aan die pen geslaan.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?