Sportbrokkies

RUGBY: Bridgton Rugbyklub se A-span het Saterdag op George vir Blanco in ’n SWD Premierligawed-stryd met 28-23 geklop. Bridgton se drieë is gedruk deur Bradwin Wanies (heelagter), Alrich Daniels (vleuel) en Algernon Waarts (agtsteman). Gino van Vuuren het ’n doelskop en drie strafskoppe behaal. Wanies het ook ’n doelskop behaal.

PARKRUN: Harry Vogel het Saterdag in ’n tyd van 19 min 13sek die 168ste Oudtshoorn Parkrun by die Surval Olyflandgoed gewen. Matilda Pieters van Saldanha was in 26:04 die eerste vrou oor die eindstreep en Willem van Tonder in 23:36 die eerste junior. Wilhelm Kuun (20:38) was derde,  Sphiwe Nzuza (22:16) vierde en Melvin Lukas (22:22) vyfde.  – Garnett Wicomb

Padwedlope: Lampies Lamprecht laat weet dat Nedbank SWD die volgende padwedlope in die nabye toekoms aanbied:  Vrouedag , 9 Augustus: Begin 08:00 by Die Naguil. Afstande: 3 km en 10 km; Schoemanshoek, 25 Augustus: Begin 08:00. Afstande: 10 km en 21,1 km. Die Naguil, 1 September: Afstande: 3 km en 5 km. Vir meer inligting kontak Lamprecht by sel 082 601 8189.

Log in with your credentials

Forgot your details?