SA’s in 2020 op Oudtshoorn

Deur Liesel le Roux
OUDTSHOORN sal in 2020 weer die gasheer van ’n groot nasionale sportbyeenkoms wees nadat die SA Tweekampkampioenskap vir 2020 pas aan Oudtshoorn toegeken is!

Oudtshoorn was in 2013 ook die gasheer vir dié Suid-Afrikaanse kampioenskap.

Die besluit is by die algemene jaarvergadering van Tweekamp SA geneem. Die jaarvergadering het by vanjaar se SA Tweekampkampioenskap in Pretoria plaasgevind.

By die vergadering is die gebore Oudtshoorniet en voorsitter van Eden Tweekamp, Stephnie McKay, ook verkies tot ’n nasionale keurder.

Eden Tweekamp is die nuwe naam vir SWD Tweekamp. Dié naamsverandering is ook by die vergadering goedgekeur.

• Eden Tweekamp se 66 atlete wat aan die SA Kampioenskap deelgeneem het, het met drie goue, twee silwer en een brons medalje teruggekeer.

Die juniorspan is algeheel vierde geplaas en die seniorspan was sesde.

Die span van die Hoërskool Outeniqua op George het die Hoërskolekompetisie gewen.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?