Sarel kraai koning met 43

12 Gholfbal

Deur Higgo Jacobs
DIE Oudtshoorn Gholfklub se individuele stableford-gholfdag Saterdag (7 April) is gewen deur Sarel Fick met ’n telling van 43 punte.

Jurgens Burger (sr) was tweede met 41 punte en Walita Uys (38 punte) derde.

Chris Odendaal en Reinhardt van Coller, albei met 37 punte, was op ’n uittel onderskeidelik vierde en vyfde.

Louis Fourie (jr) het op die 12de putjie die naaste aan die pen geslaan Fick en Piet Swanepoel het die boerpot gedeel.

Ockie Horowitz het op die 8ste putjie en Fourie op die 12de putjie spogtwees geslaan.

Log in with your credentials

Forgot your details?