Sakerolbal begin op 1 Februarie

DIE gewilde rolballiga vir besighede wat deur die Oudtshoorn Rolbalklub aangebied word, begin weer Woensdag, 1 Februarie, by die Oudtshoorn Rolbalklub in St Johnstraat.

Besighede kan spanne van vier lede inskryf wat dan oor ses Woensdae teen mekaar speel – die ideale geleentheid vir sakeondernemings, skole, kerke en ander organisasies om op ’n sosiale vlak mee te ding en spangees te bou. ’n Trekking word gedoen om te bepaal wie speel in die eerste ronde teen mekaar. Daarna speel die spanne volgens hul tel­lings teen mekaar.

Inskrywings beloop R900 per span. Spel begin om 17:30 vir 18:00 en is gewoonlik omstreeks 19:30 klaar. Daarna word die spelers getrakteer met hamburgers. Ekstra hamburgers is beskikbaar vir nie-spelers en kinders teen R20 elk.

Daar heers gewoonlik ’n gesellige atmosfeer op hierdie Woensdagaande op en van die bane af.
Die eerste drie spanne kwalifiseer vir prysgeld van onderskeidelik R1200, R1000 en R800.

Rig navrae aan Alwyn Koegelenberg by 044 279 1175 of 076 797 0252, of Gertjie Bekker by 044 272 2523 of 072 246 7792.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?