SA wen eendag-reeks teen Sri Lanka op Rec

Wiaan Mulder (regs), kaptein van die SA o.19-krieketspan, met die trofee wat sy span ontvang het as die wenner van die eendagreeks van drie wedstryde teen Sri Lanka op die Rec op Oudtshoorn. By hom is Rudy Claassen, president van SWD Krieket, en Stephen Swigelaar, lewenslange ere-president van Krieket SWD. Foto: Ben du Preez

Wiaan Mulder (regs), kaptein van die SA o.19-krieketspan, met die trofee wat sy span ontvang het as die wenner van die eendagreeks van drie wedstryde teen Sri Lanka op die Rec op Oudtshoorn. By hom is Rudy Claassen, president van SWD Krieket, en Simon Swigelaar, lewenslange ere-president van Krieket SWD.
Foto: Ben du Preez

HOEWEL Suid-Afrika se o.19-krieketspan die eendagreeks teen Sri Lanka op die Rec op Oudtshoorn gewen het, het hulle Sondag in die derde en laaste wedstryd lelik op hul neus gekyk.

In Sondag se wedstryd het Sri Lanka, wat eerste gekolf het, 228/8 op die telbord geplaas.

Daarna het hul boulers egter korte mette gemaak met Suid-Afrika deur hulle in 40,1 boulbeurte vir ’n skrale 75 lopies uit te haal om met 153 lopies te wen.

Nipun Ransika was Sri Lanka se beste bouler met ’n ontleding van 4/24. Hy het Suid-Afrika se aanvangskolwers, Matthew Breetzke (8) en Wandile Makwetu (7), asook Jesse Christensen (0) se paaltjies gevat.

Suid-Afrika se beste vennootskap was 30 lopies tussen Kenan Smith (17) en Lutho Sipamla (14) om die agtste paaltjie.

Sri Lanka se beste vennotskap was 118 lopies tussen Hasitha Boyagoda (77) en Vishva Chathuranga (41).

Vir Suid-Afrika het Sipamla die beste met die bal gevaar met syfers van 3/38.

Ransika is ook aangewys as die Speler van die wedstryd.

Raynard van Tonder is aangewys as die speler van die reeks.

• Suid-Afrika het verlede Woensdag (1 Februarie) se eerste wedstryd teen Sri Lanka oortuigend met 7 paaltjies gewen en Vrydag se tweede wedstryd met 49 lopies.

Suid-Afrika en Sri Lanka se spanbestuurders, Riaan Osman en Mahinda Halangode, was ná die reeks vol lof gehad vir die bestuur van SWD Krieket vir die manier wat dit aangebied is. Hulle was ook tevrede met die toestand van die kolfblad en die buiteveld asook die geriewe wat daar beskikbaar was.

Albertus Kennedy, hoof- uitvoerende beampte van SWD Krieket, sê die toernooi was ’n groot sukses. Hy het by die prysuitdeling ’n Sri Lanka-trui, met al die handtekeninge van al die lede van Sri Lanka se span daarop en ’n das van Sri Lanka ontvang as ’n blyk van waardering.

Log in with your credentials

Forgot your details?