Rugbyfees in Bridgton

Ashwin Willemse ook hier!

Hennie Baartman (middel), president van die SWD Arende Rugbyunie, ontvang ’n bydrae vir Saterdag se rugbyfees van raadslede Pat Wagenaar (links) en Raymond Wildschut.

Hennie Baartman (middel), president van die SWD Arende Rugbyunie, ontvang ’n bydrae vir Saterdag se rugbyfees van raadslede Pat Wagenaar (links) en Raymond Wildschut.

DIE jaarlikse Supersport Rugbyfees word eers­ko­mende Sondag (20 Mei) op die Bridgton Sportgronde in Oudtshoorn aangebied.

Die Blou Bulle, Goue Leeus, die WP en die SWD Arende se spanne sal almal die dag op Oudts­hoorn in aksie wees
Francois Davids, die adjunk-president van SA Rugby, Graham Abrahams van Supersport asook die oud-Springbok Ashwin Willemse sal die dag bywoon.

Die program is as volg:
10:30: Oudtshoorn-rugbyklub vs Prins Albert.
13:00: Blou Bulle vs Goue Leeus.
15:00: SWD Arende vs DHL WP.

Volgens Hennie Baartman, president van die SWD Arende Rugbyunie, is toegang vir die dag gratis.
Anders as verlede jaar sal geen kaartjies vooraf uitgegee word nie.

’n Verskeidenheid stalletjies sal sorg vir genoeg te eet en te drink en vir ’n feestelike atmosfeer.
Baartman het die Oudtshoorn Munisipaliteit bedank vir die groot finansiële bydrae wat hulle tot die dag gelewer het.

Log in with your credentials

Forgot your details?