Rudi wen op uittel

Deur Higgo Jacobs
Vier spelers het Saterdag op die Oudtshoorn Gholfbaan met tellings van 39 punte geëindig in die individuele stableford. Rudi Mortlock het op ’n uittel gewen.

George Fourie was tweede, gevolg deur Anneline Badenhorst en Kobus Mouton. Mike Broughton (38 punte) was vyfde. Broughton het ook die boerpot gewen.

Llewellyn Rheeder het ’n spogtwee op die 3de putjie geslaan en Jaco Mortlock op die 8ste.

• Hannes Smal het Woensdag, 28 Februarie, se individuele stableford met ’n telling van 39 punte gewen. Gideon Badenhorst (37) was tweede, ge-volg deur Lollies van Rensburg (36), Terry van Coller (35) en Dawid Greeff (34).
Smal het ook die boerpot gewen.

Van Rensburg het op die 8ste putjie die naaste aan die pen geslaan, Badenhorst op die 15de ’n spogtwee geslaan en Jaco Matthee op die 12de.

Log in with your credentials

Forgot your details?