Rotariër hou aangename gholfdag

Fanie en Morné wen
Fanie Fourie (middel) en Morné Tomé wat Vrydag die Rotariër Gholfdag by die Oudtshoorn Gholfklub gewen het. By hulle is Suné Rupping, president van die Oudtshoorn Rotariërs. Elkeen het ’n netjiese Mercedes-Benz-gholfsak gewen Foto: Schalk le Roux

Deur Higgo Jacobs
Sestig spelers (vyftien spanne) het Vrydag (2 November) om 13:00 gelyktydig van al agttien bowwe van die Oudtshoorn Gholfklub afgeslaan vir die Oudtshoorn Rotariër Gholfdag.

Die algemene ervaring was dat dit ’n baie aangename dag was.

Morné Tome en Fanie Fourie was met ’n telling van 48 punte die wenners van die 4 BBB Stableford-gholfdag.

Pieter Strauss en Etiënne Roos was tweede met 46 punte en JC van der Mescht en Nolan Dreyer derde met 45 punte.

Hierna het gevolg Gary Hutchings en Dwayne Venter (44) in die derde en Chris Odendal en Llewellyn Rheeder (43) in die vyfde plek.

Rheeder het op die 3de putjie die naaste aan die pen geslaan, Pietie Mooney op die 8ste en Hannes Smal en Jaco Matthee op die 12de.

Philip Goets en Sarel van den Heever het die prys ontvang vir die meeste gholf vir die dag gespeel.

Suné Rupping, president van die Oudtshoorn Rotariërs, het al die borge bedank, asook al die deelnemers vir hul ondersteuning.

Die fondse wat met die gholfdag ingesamel is, is ten bate van crèches in die omgewing, het Rupping gesê.

• Die baie gewilde Timbercity Ostrich Classic-gholfdag kom Saterdag (10 November) aan die beurt. Dit is die 27ste keer dat dié gewilde “We Pay You Play”gholfdag plaasvind.

Inskrywings vir die gholfdag en ’n lekker ete daarna is gratis.

Log in with your credentials

Forgot your details?