Pro Stars klop Warriors

Die Pro Stars-krieketspan wat die OPL gewen het.

Die Pro Stars-krieketspan wat die OPL gewen het.

Deur Garnett Wicomb
Pro Stars van 15de Laan, Bridgton, het Sondag Oudtshoorn se Top 8 Premierliga (OPL) gewen deur Neppon Warriors van Riemvasmaak in ’n naelbyt-eindstryd op Aurial Kollege se sportgronde met 2 lopies te klop.

Pro Stars, wat eerste gekolf het, het 100 lopies geslaan. Daarna het hulle die Warriors tot 98 lopies beperk met die laaste paaltjie wat met die laaste bal van die wedstryd gekantel het.

Marco Donson, sekretaris van Eden Rainbow Development Projects (ERDP) wat die liga aanbied, het die twee spanne bedank vir die goeie gees waarin die eindstryd gespeel is.

Volgens Gavin Pietersen, hoof uitvoerende beampte van die OPL, is daar groot belangstelling en geesdrif onder die jeug om aan vlakkiekrieket en -netbal deel te neem.

“Ons groot uitdaging bly egter om genoeg finansiële steun te kry om die toernooie aan te bied en jongmense te motiveer om weg te bly van dwelms en drankmisbruik.”

• Sakemanne, besighede en instansies wat die ERDP, ’n geregistreerde nie-winsgewende organisasie, wil help kan Pietersen by 0737386746 kontak of Donson by 0712484819.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?