President palm vleis in

Winston Coerecius (middel) met die groot pak vleis wat hy Saterdag as wenner van die Oudtshoorn Gholfdag se vleisdagkompetisie gewen het. Coenie Coetzee (regs) was tweede. By hulle staan die klubkaptein, Johan Cornelissen.    Foto: Higgo Jacobs

Deur Higgo Jacobs
Die maandelikse vleisdag van die   Oudtshoorn Gholfklub is Saterdag deur Winston Coerecius, president van die klub, met ’n telling van 41 punte gewen.

Coenie Coetzee (39) was tweede gevolg deur Jaco Mortlock (38), en Frans Celliers en Louis Willeman, albei met 37, wat op ’n uittel vierde en vyfde was.

Rudi Mortlock het op die 12de die naaste aan die pen geslaan. Clement Rex het op die 8ste ’n spogtwee ge-slaan en Jaco Mortlock op die 12de. Hy het ook die boerpot gewen.

• Die Oudtshoorn Besigheidska-mer se 4BBB Stableford op Woensdag, 9 Mei, is deur Terry van Coller en Louis Slabbert met ’n telling van 47 punte gewen. Marius Wilken en sy seun, Matthew, was tweede, ook met 47, gevolg deur Pieter Strauss en Heinrich Terblanche (46), Johan Cornelissen en Willem Burger (44) en Jaco en Rudi Mortlock (43).
Dirkie Kuhn en Van Coller het op die 8ste spogtwees geslaan, Cornelissen op die 12de en Gideon Badenhorst op die 15de.

Log in with your credentials

Forgot your details?