Plaaslike leerders na Krieket SA se skoletoernooie

Deur Wyndham Ewerts
LEERDERS van die Groter Oudtshoorn is goed verteenwoordig in die onderskeie SWD Momentum-skolekrieketspanne wat deur die SWD Krieketraad gekies is om aan Krieket Suid-Afrika se Nasionale Krieketweek in Desember deel te neem.
Plaaslike spelers wat vir die verskillende ouderdomsgroepe gekies is, is:

• o.13 (wat van 10 tot 14 Desember in Benoni speel): Alrique Carew (Bergsig Primêr), Ben-Pierre du Plessis (Laerskool Wesbank), Nicolaas Duvenage (Laerskool Wesbank) en Juvandre Alexander (Colridge Primêr);

• o.15 (wat van 7 tot 11 Desember in Stellenbosch speel): Keenan Arries (Bridgton Sekondêr), Stanley Mei (Auriel College), Reagan Botha (Hoërskool Protea), Francois Beets (Langenhoven Gimnasium) en Arthur Muller (Langenhoven Gimnasium); en

• o.17-span (wat van 12 tot 16 Desember in Durban speel): Llyeton Avontuur (Langenhoven Gimnasium), Eejay Carew (Langenhoven Gimnasium), Johan Muller (Langenhoven Gimnasium), Joviano Tock (Bridgton Sekondêr), Enzo Jafta (Bridgton Sekondêr) en Ayabonga Ngondo (Bridgton Sekondêr).

Miehanty Moos, ’n leerder van Bridgton Sekondêr, is gekies vir die SWD o.19-vroue-krieketspan wat van 10 tot 14 Desember in Pietermaritz­burg aan Krieket SA se Nasionale Krieket-week vir Vroue gaan deelneem.

Log in with your credentials

Forgot your details?