Parkrun by Surval Olyflandgoed

Die weeklikse Parkrun by Surval Olyflandgoed kan nie plaasvind sonder vrywilligers nie. Verskeie spanne sorg elke Saterdagoggend dat die roete vroegoggend uitgemerk en mense wat die eerste keer deelneem, nie die pad byster raak nie. Die groepe bestaan gewoonlik uit ’n hardloop-direkteur, tydhouers, rigtingaanwysers, fotograwe, ’n roeteopsteller en strepieskode-skandeerder. Hier is die span van Hestia Burger (in middel met blou direkteursbaadjie) wat verlede Saterdag aan diens was. Foto’s: Garnett Wicomb

Francisca Deck wat Saterdag haar 100ste Parkrun voltooi het.

Salman Booi wat Saterdag die 188ste Oudtshoorn Parkrun gewen het.

Log in with your credentials

Forgot your details?