Oudtshoorn vereer sy sportsterre

Colan Sylvester, bur-gemeester van Oudts- hoorn.  Foto: Higgo Jacobs

Colan Sylvester, burgemeester van Oudtshoorn.  Foto: Higgo Jacobs

Jarcon Ferreira (links), Junior Sportman van die Jaar, en Megan Grebe, Junior Sportvrou van die Jaar. Foto: Wyndham Ewerts

Jarcon Ferreira (links), Junior Sportman van die Jaar, en Megan Grebe, Junior Sportvrou van die Jaar. Foto: Wyndham Ewerts

Reggie Dyssel (links), wat ’n spesiale burgemeesterstoekenning ontvang het vir sy bydrae tot sport, en Phillip Seroux, wat dieselfde toekenning ontvang het vir sy bydrae tot die ontwikkeling van jong talent. Foto: W Ewerts

Toy Ungerer (links), wat as Senior Sportvrou van die Jaar aangewys is by die 2017 Oudts-hoorn Sporttoekennings, saam met Ranger Grebe (middel) Senior Afrigter van die Jaar, en JD Glinister, Senior Sportman van die Jaar.      Foto: Wyndham Ewerts

Toy Ungerer (links), wat as Senior Sportvrou van die Jaar aangewys is by die 2017 Oudtshoorn Sporttoekennings, saam met Ranger Grebe (middel) Senior Afrigter van die Jaar, en JD Glinister, Senior Sportman van die Jaar. Foto: Wyndham Ewerts

Deur Higgo Jacobs
“EK is trots daarop dat die Oudtshoorn munisipaliteit vanaand Oudtshoorn se sportsterre op ’n besonderse wyse kan vereer vir hul prestasie die afgelope jaar,” het Colan Sylvester, burgemeester, verlede Donderdagaand by Oudtshoorn se sporttoekenningsonthaal gesê.

Hy het gesê weens die benarde finansiële posisie van die munisipaliteit die afgelope paar jaar het daar nie reg geskied wat die sporttoekenningsonthaal betref nie. “Gelukkig gaan dit nou al baie beter en kon ons dit regstel.”

Abrie de Swardt, bestuurslid van Eden Sportraad, was die gasspreker van die aand. Hy het al as atleet en afrigter op plaaslike, provinsiale, nasionale en internasionale vlak naam gemaak.

Hy het gesê in vandag se mededingende sportwêreld moet sportmanne en sportvroue verskeie faktore in ag neem as hulle werklik suksesvol wil wees. Die vernaamste hiervan is: netwerk met mense en bou ’n span wat jou kan ondersteun; leer en dink vinniger as die mense rondom jou; bereik jou toppunt (peak) wanneer dit saakmaak; en sny jou af van die rasende skare deur te fokus. Hy het ook beklemtoon sportlui moet passie, geesdrif en ’n honger hê om te presteer.

“Moet jouself nie beperk nie of grense stel nie. Rekords is daar om verbeter te word,” het hy gesê.

• Altesame 48 sportmanne en -vroue, sport-klubs, skole en administrateurs is in 17 kategorieë benoem vir die sporttoekennings.

Oudtshoorn Sporttoekennings 2017

Kerrighan Aries, wat as Hoërskole Sportman van die Jaar aangewys is.

Kerrighan Aries, wat as Hoërskole Sportman van die Jaar aangewys is.

Anique Wolmarans, wat as Hoërskole Sportvrou van die Jaar aangewys is.

Anique Wolmarans, wat as Hoërskole Sportvrou van die Jaar aangewys is.

Bridgton Senior Sekondêr se o.17-fietsryspan wat as die Hoërskole Sportspan van die Jaar aangewys is. Die spanlede is van links Kerrighan Aries, Benino Heins, Morneal Esau en Waderick Pienaar.

Bridgton Senior Sekondêr se o.17-fietsryspan wat as die Hoërskole Sportspan van die Jaar aangewys is. Die spanlede is van links Kerrighan Aries, Benino Heins, Morneal Esau en Waderick Pienaar.

Corné Bence wat aangewys is as Se-nior Sportadministrateur van die Jaar

Corné Bence wat aangewys is as Senior Sportadministrateur van die Jaar

Antonio Bruiners wat as Laerskole Sportman van die Jaar aangewys is.

Antonio Bruiners wat as Laerskole Sportman van die Jaar aangewys is.

Cathlin Bruintjies wat as Laerskole Sport- vrou van die Jaar aangewys is. Sy het ook namens die Laerskool van Reede se trompoppies die toe-kenning as Laerskole Sportspan ontvang.

Cathlin Bruintjies wat as Laerskole Sportvrou van die Jaar aangewys is. Sy het ook namens die Laerskool van Reede se trompoppies die toekenning as Laerskole Sportspan ontvang.

Philo Verlaat wat aan-gewys is as 2017 se Sportman met Ge-stremdheid.

Philo Verlaat wat aangewys is as 2017 se Sportman met Gestremdheid.

Izine Hufke wat aan-gewys is as 2017 se  Sportvrou met Ge-stremdheid.

Izine Hufke wat aan-gewys is as 2017 se Sportvrou met Gestremdheid.

Catherine Jonker wat ’n spesiale burgemeesterstoekenning ontvang het vir haar prestasie in toutrek.

Catherine Jonker wat ’n spesiale burgemeesterstoekenning ontvang het vir haar prestasie in toutrek.

Lee Arries  was aangewys as die Skoleafrigter van die Jaar posseer hier met Denver Jansen (regs)  Skolesportadministrateur van die Jaar.

Lee Arries was aangewys as die Skoleafrigter van die Jaar posseer hier met Denver Jansen (regs) Skolesportadministrateur van die Jaar.

Foto’s: Higgo Jacobs & Wyndham Ewerts

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?