Oudtshoorn ryg drieë in

Oudtshoorn Rugbyklub se voorspelers wat Ceres oorheers het.

Oudtshoorn Rugbyklub se voorspelers wat Ceres oorheers het.

Die Oudtshoorn Rugbyklub het Saterdag met skitterende hardlooprugby gewys dat hulle nie ligtelik opgeneem kan word in die SWD Presidentsliga wat die naweek afskop nie.

Die span het in ’n vriendskaplike wedstryd teen Ceres Rugbyklub alle fassette van die spel oorheers om met 70-3 te wen.
Oudtshoorn, wat 12 drieë gedruk het, het reeds in die derde minuut ná ’n puik beweging gaan druk.

Oudtshoorn se voorspelers, met die lostrio Emile Lambrecht (8), Nathan Stoffels (6) en Hilton de Laan (7) aan die spits, het die grondslag vir die oorwinning gelê. Die agttal het vier drieë gedruk.

In die middelveld het Keith Marx (senter) die oog gevang met sy krag-lopies terwyl die skakelpaar, Jevanho van Vuuren (9) en Fenando Arends (10), goed gespeel het. Hulle kan nog in ’n gedugte eenheid ontwikkel.

Vir Oudtshoorn het die hele agttal ’n bars gespeel, maar die name van Emile Lamprecht (8) en Nagel Niemandt (4) verdien spesiale vermelding. Oudtshoorn se fiksheid en krag kan vorentoe nog ’n groot bate word, sê Keith Meyer, afrigter van die span.

Meyer sê dat hy veral klem gaan lê op die baldravaardighede. “Die Presidentsliga gaan taai wees en daar lê daar lê nog harde werk voor. Ons kan nie op ons louere rus ná een goeie wedstryd nie,” het hy gesê.

Oudtshoorn se drieë is gedruk deur  Lamprecht (2), Shaun van der Schyff (2), Stoffels, Ruaan Tolken, Niemandt, Van Vuuren, Marx, De Laan, Patrick Olckers en Fredwill Hendricks. Amla Tolken het met vyf doelskoppe geslaag.

Log in with your credentials

Forgot your details?