Oom Abrie vereer!

Suné Rupping, president van die Oudtshoorn Rotariërs,oorhandig ’n spesiale oorkonde aan oom Abrie de Vries.     Foto’s: Higgo Jacobs

Suné Rupping, president van die Oudtshoorn Rotariërs,oorhandig ’n spesiale oorkonde aan oom Abrie de Vries. Foto’s: Higgo Jacobs

Deur Higgo Jacobs
OM op 90-jarige ouderdom nog ’n telling van 90 houe te speel is min gholfspelers ter wêreld beskore.
Dit is presies wat oom Abrie de Vries (91) op 26 September verlede jaar op die Oudtshoorn Gholfbaan reggekry het. Wat meer is: dit was die 33ste keer dat hy ’n telling gelykstaande aan of laer as sy ouderdom op sy telkaart ingevul het.

Dit is om hierdie rede dat Oudtshoorn se Rotariërs hom Saterdagaand in die klubhuis van die Oudtshoorn Gholfklub vereer het vir sy besonderse prestasies vandat hy in 1995 lid van dié klub geword het.

De Vries se voorgee het vir die grootste deel van sy gholfloopbaan tussen 2 en 6 gewissel.

Die eerste keer wat De Vries ’n telling van laer as sy ouderdom ge-speel het, was toe hy 79 jaar oud was. Daardie dag het hy ’n telling van 75 (drie oor baansyfer) gespeel.

Op 6 Desember 2012 het De Vries ’n pasaangeër vir sy hart ontvang en daarna nog twaalf keer sy besondere prestasie herhaal.

Hy moet binnekort vir ’n hartklepvervanging gaan en is glad nie bang daarvoor nie.

“As dit my lewe met ’n paar jaar kan verleng, hoekom sal ek dit nie probeer nie?” het hy nog Saterdag-aand opgeruimd gevra.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?