Oakdale, Shalom oorheers Eden Toutrekbyeenkoms

Oakdale wat die seunsafdeling oorheers het.

Al Shalom Akademie se meisiespanne het drie goue medaljes gewen.

Deur Schalk le Roux
HY het baie goeie terugvoer ontvang oor die Timbercity Eden Toutrekbyeenkoms wat deur die Oudtshoorn Vaardigheidskool op die skool se sportterrein in Albertstraat aangebied is, sê skoolhoof Gavin Block.

Onder andere het ’n Springbok-toutrekskeidsregter wat die byeenkoms bygewoon het volgens Block gesê hy is baie beïndruk. Die dag is uitstekend georganiseer en die program het glad verloop, het hy gesê.

Die Vaardigheidskool het die toutrekbyeenkoms vanjaar die vierde keer aangebied. Block het André van Greunen van Timbercity bedank dat hulle die byeenkoms borg. “Sonder dié borgskap kan ons die dag nie aanbied nie,” het hy gesê

• Altesame 80 spanne het aan die byeenkoms deelgeneem. Die seuns-afdeling is deur die Hoër Landbouskool Oakdale oorheers. Die skool het in vier van die vyf gewigsafdelings naamlik 400kg, 480kg, 520kg en 650kg, goue medaljes gewen.
Oakdale, wat 90 toutrekkers na die byeenkoms gestuur het, het ook vier silwer en drie brons medaljes gewen.

Die Hoërskool Calitzdorp het die goue medalje vir 440kg-spanne gewen. Die skool het ook ’n brons medalje in dié afdeling gewen.

Van Kervelskool van George se 480kg-span het brons gewen.

Die Shalom Akademie van Ladismith se 440kg-, 480kg- en 520kg-meisiespanne en die skool se 520kg- gemengde span het almal goue medaljes gewen.

Van Kervel het vier silwer en een brons medalje ingepalm en die Hoërskool Wittedrift van Plettenbergbaai drie brons medaljes.

Eden Toutrekbyeenkoms
– Aangebied deur Oudtshoorn Vaardigheidskool –

Toutrekkers van die Oudtshoorn Vaardigheidskool in aksie. Die skool het gasheer gespeel vir die Eden Toutrekbyeenkoms.

’n Seunsspan van Shalom Akademie in aksie.

Toutrekkers van die Hoërskool Wittedrift wys hul slag.

Die 480 kg-meisiesspan van Shalom Akade-mie op Ladismith wat goud in hul gewigs-afdeling gewen het.

Die beamptes wat Saterdag gesorg het dat alles glad verloop by die Eden Toutrekbyeenkoms by die Oudtshoorn Vaardigheidskool.

Klein maar getryn! Dié kaalvoetspannetjie van Shalom Akademie op Ladismith het ook ’n goue medalje gewen.

Van Kervelskool het met groot geesdrif deelgeneem.

’n Seunspan van Van Kervelskool trek die tou met oorgawe.

Die 280 kg-kaalvoetspan van die Hoërskool Calitzdorp wat Saterdag goud gewen het by die Eden Toutrekkampioenskap. Regs agter by hulle is Petro Westraad van Timbercity.

Wehan van der Westhuizen (links) van Timbercity saam met die Hoër-skool Calitzdorp se 440 kg-toutrekspan wat Saterdag die goue me-dalje in sy gewigsafdeling by die Eden Toutrekbyeenkoms gewen het.

Shaun Westraad (regs) van Timbercity saam met die 560 kg A-span van die Hoër Landbouskool Oakdale wat Saterdag ’n goue medalje in hul afdeling gewen het. Oakdale se 560 kg-span was die afgelope 9 jaar agtereenvolgens die SA toutrekkampioenspan en was ook as Suid-Afrika se verteenwoordigers vier keer die wêreldkampioenspan.

Die Hoër Landbouskool Oakdale se seunsspanne het uitstekend gevaar.

TTtoueskouers

Log in with your credentials

Forgot your details?