Net-net ’n droommyl!

Anuscha Nice, die vroue-wenner van die Klein Karoo Straatmyl met Nicole Louw (16) op haar hakke. • Die vroue-afdeling van Maandag se straatmyl op George is ook deur Anuscha Nice. Haar tyd was 4:47,27. Simonay Wietsz was tweede en Nicole Louw derde. Nice is nou voor in die Grand Prix-reeks (vroue).

Jerry Motsau hardloop eerste oor die wenstreep in Saterdag se Klein Karoo Straatmyl op Oudtshoorn met Amos Nyonga in die tweede plek. Motsau het ook Maandag die Bestmed Madibaz Sportstraatmyl op NMU se George Kampus in reënerige weer gewen. Sy tyd was 4:03,89. Nyonga was weer tweede en George Kusche weer derde. Motsau is nou voor in die Grand Prix-reeks (mans). • Die vroue-afdeling van Maandag se straatmyl op George is ook deur Anuscha Nice. Haar tyd was 4:47,27. Simonay Wietsz was tweede en Nicole Louw derde. Nice is nou voor in die Grand Prix-reeks (vroue).

Jerry Motsau hardloop eerste oor die wenstreep in Saterdag se Klein Karoo Straatmyl op Oudtshoorn met Amos Nyonga in die tweede plek. Motsau het ook Maandag die Bestmed Madibaz Sportstraatmyl op NMU se George Kampus in reënerige weer gewen. Sy tyd was 4:03,89. Nyonga was weer tweede en George Kusche weer derde. Motsau is nou  voor in die Grand Prix-reeks (mans).

DIE Klein Karoo Straatmyl Saterdag het nog ’n droommyl opgelewer, al was dit net-net! Jerry Motsau van die TUT Atletiekklub in Pretoria het die wedloop in Baron van Reedestraat op Oudtshoorn in 3:59,81 afgelê.

Hy het verlede jaar se wenner, Amos Nyonga (Ikamva), in ’n taai wedloop met minder as ’n sekonde
geklop. Nyonga se tyd was 4:00,61.

Die 20-jarige George Kusche (C Active) was derde in 4:01,33.

Die Klein Karoo Straatmyl is deel van die BestMed Eden Straatmylreeks. Die tweede wedloop was Maandag op George en die derde een gister op Mosselbaai. (Berig elders.)
Altesame 47 atlete het aan Saterdag se straatmyl deelgeneem. Anuscha Nice (Tuks) het die vrouewedloop in 4:46,43 gewen. Nice het in 2009 die eerste straatmyl gewen en dit was Saterdag die vyfde keer dat sy in dié wedloop op die podium verskyn.

Uit die altesame 36 vroue wat deelgeneem het, was die 16-jarige Nicole Louw (KMPG) tweede in
4:47:17 en nog ’n junior, Simonay Wietsz, derde in 4:51,22.

• Die wenners van die ander afdelings is: Corné de Fouw (Monnas) wat die sub-juniorwedloop (seuns) wen in 5:02,93; Tonya Schoeman (9) van Hartenbos Drawwers wen die meisieswedloop in 5:34,55.

• Die Elite Mansfietsrywedren is gewen deur Louis Visser van die Dimension Data met Marshall Hendricks kort op sy hakke en Jacques van Staden in die derde plek.

Die Elite vrouewedren is gewen deur Ashleigh Parsons, een van Suid-Afrika se top-ryers. Charné Dalton
was tweede.

Herman Augustyn (Wesbank) het die sub-junior seuns fietsren gewen en Beayaunté Goliath die subjunior (meisies).

Die juniorseunsafdeling is gewen deur Ceejay Bosman, onder die junior meisies is Mischka Strydom eerste oor die wenstreep.

Willem Oosthuizen en Liesl Marais het onderskeidelik die mans- en vroueveterane (40+).

Attie Botha het die paraafdeling gewen met die belowende Philo Verlaat tweede.

Serfie Serfontein (middel) het Saterdag die afdeling vir veterane 40+ van Klein Karoo Fietsstraatmyl gewen. Mario Macleod (links) was tweede en Jaco van Molendorff derde. Foto: Wyndham Ewerts

Serfie Serfontein (middel) het Saterdag die afdeling vir veterane 40+ van Klein Karoo Fietsstraatmyl gewen. Mario Macleod (links) was tweede en Jaco van Molendorff derde. Foto: Wyndham Ewerts

Foto: Schalk le Roux

Foto: Schalk le Roux

Louis Visser (middel) het Saterdag met die louere weggestap in die elite afdeling tydens die Klein Karoo Fietsstraatmyl. Marshall Hendricks (links) was tweede en Jacques van Staden derde. Op die foto links ry Visser en Hendricks voor. Foto: Wyndham Ewerts

Die jong atlete spring Saterdag naby Kleinplaas in Baron van Reedestraat op Oudtshoorn weg in die Klein Karoo Straatmyl wat by die CP Nel Museum geëindig het. Foto: Wyndham Ewerts

Die jong atlete spring Saterdag naby Kleinplaas in Baron van Reedestraat op Oudtshoorn weg in die Klein Karoo Straatmyl wat by die CP Nel Museum geëindig het. Foto: Wyndham Ewerts

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?