’n Wen en pak vleis vir Ian!

Ian Laubscher, middel, wenner  van die dag met links Gideon Badenhorst(klubkaptein) en Skillie Pretorius van Oudtshoorn Spar en  borg van die vleispryse.      Foto: Ben du Preez

Ian Laubscher, middel, wenner van die dag met links Gideon Badenhorst(klubkaptein) en Skillie Pretorius van Oudtshoorn Spar en borg van die vleispryse. Foto: Ben du Preez

Deur Ben du Preez
’N PUIK ronde gholf met ’n telling van 43 het Saterdag (25 Maart) aan Ian Laubscher ’n lekker pak vleis en ’n oorwinning besorg in die Oudts-hoorn Gholf­klub se maandelikse vleisgholfdag.

Mike Broughton, ook met 43, was op ’n uittel tweede gevolg deur Colin Swigelaar (41), en Rudy Mortlock en Ben van Wyk, albei met 40, en Francois Verwey (38).
Laubscher en Mortlock het die boerpot gedeel.

Van Wyk was naaste aan die pen op die 8ste putjie en het ’n spogtwee op dieselfde putjie behaal.
Broughton en Willie Faber het spogtwees op die 12de geslaan, Fanie Greeff op die 3de en Melcus Nel op die 15de.

• Deon Barnard het Woensdag, 22 Maart, se stableford met ’n telling van 40 punte gewen. George Fourie en Anneline van der Westhuizen, albei met 39, was op ’n uittel tweede en derde. Hannes Smal en Margaret Broughton, albei met 36, was onderskeidelik vierde en vyfde.
Fourie het ook die boerpot gewen.

Francois Verwey was op die 15de die naaste aan die pen.
Willem Burger en Louis Slabbert het spogtwees op die 3de putjie ge­slaan en Fourie en Barnard op die 8ste putjie.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?