Moonlight wen Paasnaweeksokkertoernooi

Moonlight Sokkerklub van Dysselsdorp wat ’n sokkertoernooi gedurende Paasnaweek op Dysselsdorp gewen het. (Foto verskaf.)

Moonlight Sokkerklub van Dysselsdorp wat ’n sokkertoernooi gedurende Paasnaweek op Dysselsdorp gewen het. (Foto verskaf.)

Deur Higgo Jacobs
DIE Moonlight Sokkerklub van Dysselsdorp het gedurende die Paasnaweek ’n baie geslaagde sokkertoernooi van 31 Maart tot 1 April op Dysselsdorp gewen deur United Stars van Dysselsdorp in die eindstryd met 4-1 te klop.

Levesto le Roux, president van die Oudtshoorn Plaaslike Sokkervereniging, sê Moonlight het die wedstryd van die begin af oorheers.

Moonlight se doelskieters, Juviano Lewis (2) en Franbin Lingerveldt, het reeds drie doele in die eerste helfte geskop. Damian Botha het laat in die tweede helfte Moonlight se vierde doel aange-teken. Hershelle van Hansen het United Stars se enigste doel geskop.

Met dié oorwinning het Moonlight, wat die toernooi verlede jaar ook gewen het, die wisseltrofee, R15000 en 25 goue medaljes ontvang.

United Stars het R8000 en 25 silwer medaljes ontvang.

Barcelona van De Rust en Spring Roses, wat die derde plek gedeel het, het R3500 ontvang.

Log in with your credentials

Forgot your details?