Maquassa wen 159ste Parkrun

Deur Garnett Wicomb
Francois Maquassa van die Nedbank Atletiekklub SWD (George) het Saterdag die 159ste Oudtshoorn Park-run by Surval Olyflandgoed gewen in 18 minute 20 sekondes.

Greens Groenewald was tweede in 20:48 met Yaron Venter in die derde plek in 21:27.

Tarren Jullies was weer die eerste vrou oor die wenstreep. Haar tyd was 24:42. Sy was algeheel 15de.
Wihan du Plessis (11de algeheel) was die eerste junior.

Goeie tye is ook opgestel deur Thozambo Morolo (22:25), Heinrich Boje (22:42), Melvin Lukas (22:56), Henry Carstens (22:56), Francois le Roux (24:19), Hans Lareman (25:20), Wihan du Plessis (25:48) en Albertus Kennedy (25:53).

• Abraham Hendricks, ook van die Nedbank Atletiekklub, het Saterdag by Klub 50 aangesluit toe hy sy 50ste Parkrun voltooi het in ’n beste persoonlike tyd van 27 min 18 sek.

Altesame 103 drawwers en stappers het Saterdag deelgeneem.

Die winter wegspringtyd is 08:00 en almel is welkom.

Deelname is gratis.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?