Maquassa 1ste

Albertus Kennedy wat sy 100ste Parkrun voltooi het.
Foto: Garnett Wicomb

Deur Garnett Wicomb
FRANCOIS MAQUASSA het Saterdag die 189ste Oudtshoorn Parkrun in ’n blitsige tyd van 16 min 18 sek gewen, met Booi Salman (17:45) tweede en Greens Groenewald (20:18) derde.

Carina Burger (24:29) was die eer-ste vrou oor die eindstreep en die 10-jarige Reghardt Wolmarans wat in die 26ste plek en die eerste junior was.

Die dag het 96 deelnemers gelok met Albertus Kennedy (25:55) wat sy 100ste Parkrun afgelê.

Nog goeie tye Saterdag is behaal deur Yaron Venter (20:10), Patrick Peters (23:09), Arend Brink (23:45), Henry Carstens (24:20), Francois Verwey (25:01), Matthys Myburgh (25:06), Francois le Roux (25:17), Francois Goosen (26:24), Bart Saaiman (27:35), Pierre van Rooy (28:07), Abraham Hendricks (28:17), Fanie Olivier (28:31), Shane Claassen (28:43), Mary-Ann Douws (28:55) en Hestia Burger (28:55).

Log in with your credentials

Forgot your details?