Madibaz klop Union Stars

DIE verdedigende kampioene in die SWD Premierliga, Union Stars, is Saterdag deur NMU Madibaz George met 24 lopies geklop.

NMU wat eerste gekolf het, het 249/7 in die toegelate 50 boulbeurte behaal. Jean du Plessis (84) was die span se beste kolwer.
Union Stars is daarna in die 41ste boulbeurt almal uitgehaal vir 225 lopies. Leroi Bredenkamp was Stars se beste kolwer met 53 lopies.

• Western Hope was Sondag te sterk vir Pioneers. Nadat Western Hope vir Pioneers almal vir 127 lopies in die 38ste boulbeurt uitgehaal het, het hulle die teiken van 128 lopies in die 36ste boulbeurt behaal en in die proses ’n bonuspuntoorwinning behaal.

• In die naweek wat voorlê sal die spanne in die SWD Premierliga weer sonder hul provinsiale spelers moet klaarkom met SWD wat die Noord-Kaap op die Rec aandurf.

Die provinsiale spelers se afwesigheid maak die speelveld vir die klubs gelyker met meer mededingende wedstryde wat verwag kan word.

Harlequins, wat onder die top-presteerders in die liga is, speel Saterdag op hul eie velde teen Pacaltsdorp.

Die NMU Madibaz speel Saterdag teen Western Hope en sal ’n tuisveldvoordeel hê.

Union Stars is Saterdag op die Plate die gunste-linge teen Knysna Kavaliers.

In die Promosieliga speel Calitzdorp Young Stars Saterdag teens Dysselsdorp en Ladismith teen Bongolethu.

In die vroueliga speel Thembalethu teen Harlequins Magte.

Log in with your credentials

Forgot your details?