Lourens, Greeff wen eindstryd

Dave Greeff (naaslinks) en Wilco Lourens (naasregs) was die wenners van Oudshoorn Besigheidskamergholfliga se eindronde. Saam met hulle is links Johan Cornelissen, (klub-kaptein), Helen Butler (kantoorhoof van die besigheidskamer), Leon Delport (James King & Badenhorst) en Niel Els (besigheidskamer).             Foto: Higgo Jacobs

Deur Higgo Jacobs
DIE eindronde van die Oudtshoorn Besigheids­kamer se sakeliga is op Woensdag, 6 Desember, deur Wilco Lourens en Dave Greeff met ’n telling van 45 punte gewen. Die sakeliga is vanaf Februarie vanjaar maandeliks aangebied.

Paul Stroebel en Ferdi Jonck, ook met 45, was op ’n uittel tweede. Piet Swanepoel en Christo van Zyl (44) was derde, Jaco Mortlock en Louis Fourie sr, (43), vierde en Lollies van Rensburg en Etienne Roos, ook met 43, op ’n uittel vyfde.

Greeff het op die 3de putjie die naaste aan die pen geslaan, Van Rensburg op die 8ste, Terry van Coller op die 12de en Hannes Oosthuizen op die 15de.

Oubaas Kersop en Van Rensburg het spogtwees op die 8ste behaal, Van Coller op die 12de en Swanepoel en Van Rensburg op die 15de.

Die eindronde is deur James King en Badenhorst Prokureurs en Turnberry Lodge geborg.

Gideon Badenhorst, voorsitter van die Oudts­hoorn Besigheidskamer, het tydens die prysuitdeling gesê die sakeliga op Woensdae is ’n suksesverhaal. “Vanaf Februarie tot Desember het spelers altesame 602 keer hieraan deelgeneem. Dit is ’n groot finansiële inspuiting vir die klub. Ons beoog selfs nou om weer die gewilde sundowner op Vrydaemiddae te laat herleef,” het hy gesê.

• Van Coller het Saterdag se individuele stableford met ’n telling van 39 punte gewen. Garth Matthews, ook met 39, was op ’n uittel tweede, Mortlock (37) derde, Piet Swanepoel, ook met 37 op ’n uittel vierde, en Winston Coerecius (36) vyfde.

Paul Stroebel (links) en Ferdi Jonck wat tweede in die eindronde van die sakeliga was. Foto: Higgo Jacobs

Paul Stroebel (links) en Ferdi Jonck wat tweede in die eindronde van die sakeliga was. Foto: Higgo Jacobs

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?