Lof vir gholfdag!

Deur Higgo Jacobs
Altesame 112 spelers (28 span-ne) het Saterdag om 12:00 gelyktydig van al 18 bowwe afgeslaan vir die Oudtshoorn Spar-gholfdag wat as een van die grootste gholfdae nóg op die plaaslike gholfbaan beskou word.

Colin Swigelaar, Phil Mooney, Pietie Mooney en Howard Ellis het die gholfdag gewen. Swigelaar het tydens die prysoorhandiging gesê hulle dra hul oorwinning op aan hul groot gholfvriend, Wilfred Matthews, wat onlangs oorlede is.

Wat die dag besonders gemaak het, was die borge wat op elkeen van die 18 bowwe teenwoordig was en eet-en drinkgoedjies voorsien het. Op die eerste bof was selfs ’n skaap op die spit gebraai waaraan die spelers kon weglê. Ná die prysuitdeling het elkeen ’n steak ontvang wat hy of sy na smaak op die kole kon braai.

Die Oudtshoorn Gholfklub het ook finansieel baie baat gevind by die gholfdag. Volgens Bettie Burger, boekhouer van die klub, is altesame R54700 ingesamel. (Fotoblad van gholfdag op bladsy 11.)

• Die Oudtshoorn Vrouegholfdag op Donderdag, 7 September, op die plaaslike baan was ook baie geslaag.

Altesame 72 vroue vanoor die hele Suid-Kaap het as deel van Vrouemaand op Oudtshoorn kom speel. (Foto van wenners elders op bladsy.)

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?