Llewellyn en Chloé (14) is kampioene

Die Oudtshoorn Gholfklub se klubkampioen vir 2018 is Llewellyn Rheeder (voor). Die ander spelers wat titels gewen het, is (middel van links) Ockie Horowitz, ju-nior kampioen, Frans Celliers, senior kampioen, Chloé Malgas-Kelpin, vroue-kampioen en Jurgens Burger, wenner van afd C. By hulle is Louis Fourie (agter), onderkaptein van die klub. Foto: Higgo Jacobs

Deur Higgo Jacobs
Llewellyn Rheeder het Saterdag sy titel as die Oudtshoorn Gholfklub se kampioen suksevol verdedig deur die klub se kampioenskap oor 36 putjies met ’n telling van 150 houe te wen.

Spelers se bruto tellings is in ag geneem. Lollies van Rensburg was tweede met ’n telling van 152.

Die 14-jarige Chloé Malgas-Kelpin is met ’n telling van 170 houe as die vrouekampioen gekroon. Chloé is die jongste vrouekampioen nóg van die klub. Sy is die kleindogter van Des-mond Malgas wat in die senior afdeling gespeel het. Chloé is ’n leerder van York High School op George.

Ockie Horowitz is as die junior kampioen aangewys nadat hy afd B met 166 houe gewen het.
Jurgens Burger sr het afd C met 179 houe gewen en Frans Celliers het die senior afdeling (oor 18 putjies) met ’n bruto-telling van 90 houe gewen.

Log in with your credentials

Forgot your details?