Krieket SA se provinsiale akademiekrieketweek op Oudtsoorn aangebied

DIE franchise akademieweek van Krieket Suid-Afrika begin vandag (18 Januarie) op die Oudts-hoorn Sportgronde (Rec) met streeksakademie- spanne van die Cobras, Dolphins, Titans, Warriors, Knights en Lions wat gaan deelneem. Die toernooi eindig Woensdag, 24 Januarie.

Volgens Thabang Moroe, wnde hoof- uitvoer-ende beampte van KSA, is die oogmerk met die toernooi om talentvolle spelers voor te berei vir moontlike insluiting in provinsiale spanne en die poel waaruit provinsiale spelers gekies kan word te vergroot.

Tegelykertyd doen die akademiespanne se afrigters ook waardevolle ondervinding op.
“Die akademieweek bied waardevolle insig in die toekoms van SA krieket. KSA, sy geaffilieer-des en vennote doen daarom al die nodige stappe om te verseker dat hierdie toernooie goed bestuur word en verbeter ons wêreldbekende vermoë om top-gehalte toernooie aan te bied,” het Moroe gesê.

Die bepalings vir die week is:
• In vandag tot Saterdag se eersterondewed-stryde speel Cobras teen Dolphins (Rec), Knights teen Titans (Bridgton) en Warriors teen Lions (Langenhoven Gymnasium).

• In Maandag tot Woensdag se tweederonde-wedstryde speel Cobras teen Knights (Langenhoven Gymnasium), Titans teen Lions (Rec) en Dolphins teen Warriors (Bridgton).
Sondag is ’n rusdag.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?