Klein Karoo Sake-aflos herleef

DIE Klein Karoo Sake-aflos wat jare lank in Baron van Reedestraat op Oudtshoorn plaasgevind het, herleef ná twee jaar se afwesigheid en vind weer plaas op Donderdag, 20 April, danksy die Klein Karoo Atletiekfonds.

Die KKAF is ’n nie-winsgewende organisasie wat atlete uit veral benadeelde omstandighede ondersteun om hul loopbane te ontwikkel.

Die KKAF nooi plaaslike laer- en hoërskole, besighede, staats- en semi- staatsinstellings om spanne in te skryf. Voorsiening word ook gemaak vir gestremdes. Verskeie besighede het hulle reeds verbind tot die aflos en uitnodigings sal binnekort na alle belanghebbendes gestuur word.

Daar sal in twee kategorieë deelgeneem word, draf (6 per span) of stap (4 per span). Elke lid van ’n span lê 2 km af. Die koste is R20 per persoon.

Die eerste span in elke kategorie kry ’n goue medalje. Die res wat klaarmaak kry brons medaljes.
Inskrywingsvorms kan by die Eden Sportaka-demie of Oudtshoorn Toerisme gekry word.
Dit kan per e-pos by Dave van der Walt aangevra word (davesus@telkomsa.net) of afgelaai word by www.edenmiles.co.za.

Vir navrae kan Van der Walt by 082 774 4901 gekontak word.

Log in with your credentials

Forgot your details?