Johann wen twee goues

Lampies Lamprecht (links), Toy Ungerer (organiseerder van Saterdag se byeenkoms) en Johann Coetzer.  Foto: Higgo Jacobs

Lampies Lamprecht (links), Toy Ungerer (organiseerder van Saterdag se byeenkoms) en Johann Coetzer. Foto: Higgo Jacobs

Deur Higgo Jacobs
Johann Coetzer, meesteratleet van Oudtshoorn, het Saterdag tydens die SWD Meestersatletiekkampioenskap in die De Jagerstadion twee goue en twee silwer medaljes ingepalm vir sy prestasies in die 100m, 200m, 400m en verspring.

Hy het goud verdien in die 100 m (13,93 sek), 200 m (28,14 sek) en silwer in die 400 m (63,54 sek) en verspring (04,73m). Coetzer sê hy het eers op 40-jarige ouderdom ernstig aan atletiek begin deelneem en saam met Toy Ungerer, wêreldkampioen-atleet van Oudtshoorn, begin oefen.

Wat sy presatasies van Saterdag so merkwaardig maak, is dat hy 18 jaar laas die 100m gehardloop het, die 200m slegs die 2de keer en die 400m was sy eerste poging!

Nog ’n atleet van Oudtshoorn, die veteraan Lampies Lamprecht, het brons medaljes gewen in die 5000m en die 800m.

Altesame sowat 120 meesteratlete van verskeie provinsies regoor die land het aan die byeenkoms deelgeneem waar twee Suid-Afrikaanse rekords in die slag gebly het.

Dereck Sterley van Gauteng-Noord het die SA rekords in spiesgooi en hamergooi verbeter.
Ungerer, organiseerder van die byeenkoms, sê sy is baie tevrede met die vertoning van die SWD-atlete wat altesame 84 medaljes ingepalm het: 55 goud, 19 silwer en 10 brons.

Johann Coetzer in aksie in die verspring. Foto: Ebenezer Titus

Johann Coetzer in aksie in die verspring.
Foto: Ebenezer Titus

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?