Jan Paul wen Redstone Hills weer!

Jan Paul Gerber, wenner van die 60 km bergfietsren, met die Hennie Potgieter Trofee wat hy Saterdag tydens die Redstone Hills se byeenkoms gewen het.   Foto: Roger Young

Jan Paul Gerber, wenner van die 60 km bergfietsren, met die Hennie Potgieter Trofee wat hy Saterdag tydens die Redstone Hills se byeenkoms gewen het. Foto: Roger Young

Fred van Zyl (71) met die Redstone Meesterstrofee wat hy  ge-wen het.  Foto: Roger Young

Fred van Zyl (71) met die Redstone Meesterstrofee wat hy ge-wen het. Foto: Roger Young

Deur Higgo Jacobs
DIE Redstone Hills Bergfietsren oor 60 km is Saterdag die derde keer in ’n ry deur Jan Paul Gerber van ­Oudtshoorn gewen. Sy tyd van 2 uur 12 min 23 sek is ’n nuwe rekord.

Hy moes alles in die stryd werp om vir Rogan Smart en Aiden Conelly te klop wat onderskeidelik 27 en 40 sekondes ná hom geëindig het.

Nog ’n Oudtshoorniet, Yolandé de Villiers, was die eerste vrou oor die wenstreep van die  60 km-bergfiets­ren, gevolg deur Fienie Barnard en Rose Bailey.

Die veteraan Fred van Zyl (71) het die gesogte Redstone Meesterstrofee gewen as die oudste deelnemer wat ’n wedloop voltooi het. Hy het ook 22ste in die 60 km-fietsren geëindig en in die proses vir menige jonger deelnemers die hakskene gewys!
Matthew Leppan het die 43 km-bergfietsren in ’n rekordtyd van 1:31:52 gewen.  Hano du Plessis was slegs 5 sek agter hom. In die 17 km- bergfietsren het Alissa Coetzer vir Linel Engelbrecht net-net geklop. Marli Blom was derde.

Altesame 223 deelnemers het die bergfietsrenne voltooi.

Volgens Louis Smit, een van die organiseerders,  neem die gewildheid van die padwedlope steeds toe en het daar vanjaar sowat 30 persent meer atlete deelgeneem aan die 11 km en 20 km wedlope.

Francois Barnard en Elize Kloppers het die 20 km-wedloop gewen en is die gesamentlike houers van die Manie Potgieter Trofee.

Volgens Smith het alle besoekers die gasvryheid, lekker kos en plaasbasaar soos gewoonlik terdeë geniet.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?