Jada, Anlizé palm toppryse in

Delia van Biljon (links), swemafrigter van die Freda Barnardswemskool, saam met van links Anlizé Vermeulen, Jancke Potgieter en Jada Coetzee wat die medaljes ingeryg het by die Eden Swemkampioenskap. (Foto verskaf.)

Deur Higgo Jacobs
TWEE puik jong swemmers van Oudtshoorn, Jada Coetzee en Anlizé Vermeulen, is Saterdag by die Eden Swemkampioenskap in die NA Smit-swembad aangewys as onderskeidelik die junior en senior victrix ludorum van die byeenkoms.

Altesame sowat 110 van die beste swemmers in die Edendistrik het Vrydag en Saterdag (23 en 24 November) aan die kampioenskap deelgeneem.

Jada het sewe goue en vyf silwer medaljes ge-wen en Anlizé agt goue en twee silwer medaljes.

Jancke Potgieter, ook van Oudtshoorn, het een goue en drie silwer medaljes gewen.

Die drie swemmers se afrigter, Delia van Biljon van die Freda Barnardswemskool, sê dit is ’n uitsonderlike prestasie dat twee swemmers van dieselfde klub as junior en senior victrix ludorum aangewys word.

Sy is baie trots op al haar swemmers wat by die gala presteer het, het sy bygevoeg.

Log in with your credentials

Forgot your details?