Internasionale kwalifikasies vir dié dansinstrukteurs!

Die drie plaaslike dansinstrukteurs wat hul internasionale sertifikate ontvang het, is van links Michelle Fortuin, Rowan Strydom en Kay- Lee Brinkhuis. Foto: Wyndham Ewerts

Die drie plaaslike dansinstrukteurs wat hul internasionale sertifikate ontvang het, is van links Michelle Fortuin, Rowan Strydom en Kay-Lee Brinkhuis. Foto: Wyndham Ewerts

Deur Wyndham Ewerts
DRIE plaaslike dansinstrukteurs – Michelle Fortuin en Rowan Strydom van die WGB Dansskool en Kay-Lee Brinkhuis van die Eurithmic Dansskool – het op 14 Desember die internasionale Latyn-Amerikaanse be-oordelaars-bevoegdheidsertifikate van die United Kingdom Alliance in Sun City ontvang.

“Die kursus was geen maklike taak nie aangesien ons kennis van die Latyns-Amerikaanse dansstyl teoreties sowel as prakties getoets is,” sê Rowan. “Omdat dit ’n afstandkursus is, moes ons video-opnames op die YouTube-kanaal opneem en deur – stuur Engeland toe vir evaluering.

Ons is tans die enigste internasionaal geakkrediteerde instrukteurs in die streek. Met dié kwalifikasie kan ons op nasionale vlak in Suid-Afirka en internasionaal beoordeel.”

Volgens Kay-Lee het sy by die afrigting van baldanse betrokke geraak om die geesdrif vir dans weer
aan onder die jeug van Oudtshoorn aan te wakker. “Die groot voordeel van ballroom is dat jy gewoonlik baie reis vir kompetisies wat goed is vir jou persoonlike ontwikkeling. My groot motivering is om eendag my eie dansskool te begin.

Michelle meen die standaard van baldans het oor die jare geleidelik agteruitgegaan omdat nie tred gehou
is met internasionale standaarde nie.

“Ons fokuspunt gaan wees om seker te maak dat alle voornemende kompetisie-dansers met die nodige en korrekte tegniese kennis toegerus is om op ’n hoë vlak te presteer.”

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?