Harlequins maak stem dik

Rhuipino Plaatjies, wat vier paaltjies laat kantel het.

Rhuipino Plaatjies, wat vier paaltjies laat kantel het.

Deur Wyndham Ewerts
DIE eerste krieketspan van Harlequin Forces het Saterdag op die Infante­rieskool se sportgronde in Parkweg, Oudtshoorn, vir George oortuigend met 6 paaltjies in ’n SWD Premierligawedstryd geklop.

George, wat eerste gekolf het, is in die 28ste boulbeurt vir 85 lopies uitgeboender met Rhupino Plaatjies (4/17) van Harlequins wat verwoesting gesaai het met sy blitsballe.

Harlequins het hierna die wenteiken reeds in die 16de boulbeurt bereik met Jermaine Lekay (44) sy span se beste kolwer.

Harlequins speel Saterdag, 17 November, op Plet teen Pioneers.
• In nog ’n SWD Premierliga-wedstryd Saterdag het Pacaltsdorp vir ’n opskudding gesorg deur Union

Stars op die Bridgton Sportgronde met 2 lopies te klop.

Die besoekers, wat eerste gekolf het, het 208/8 op die telbord geplaas.

Union Stars se kolwers is hierna in die 39ste boulbeurt almal uitgehaal met 206 lopies op die telbord, drie te min vir ’n oorwinning.

Union Stars speel Saterdag, 17 November op Knysna teen Pirates.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?