Groot rolbal op Oudtshoorn

Deur Higgo Jacobs
ALTESAME 160 vrouerolbalspelers vanoor die hele land neem van Maandag tot Vrydag (12 – 16 Maart) op die Oudtshoorn Rolbalklub se ba-ne aan die Interdistrikte Ope Vrouetoernooi deel.

Altesame 40 spanne van 20 rolbal-distrikte vanoor die hele Suid-Afrika neem deel. Dit sluit spanne van onder meer Gauteng, Limpopo, KwaZulu-Natal, WP, Eden en Boland in.

Die spanne speel elk twee wed-stryde per dag en die eindronde vind volgende Vrydagmiddag op George plaas.
Die openingseremonie begin Maandag om 08:00 waartydens Heather Boucher van Rolbal Suid-Afrika die bane in ontvangs neem.

Donderdagaand word die spelers en hul spanbesture deur die burgemeester van Oudtshoorn onthaal.
Alewyn Hanekom van die Oudts-hoorn Rolbalklub het alle belangstellende lede van die publiek genooi om die spelers te ondersteun en om die goeie rolbal te geniet.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?