Gemengde uitslae vir All Blacks teen Willowmore

Deur Ben du Preez
DIE span van die All Blacks het Saterdag in ’n SWD Presidentsligawedstryd (Karoostreek) naelskraap met 19-20 teen Willowmore verloor.

Die rustydtelling was 5-5. Albeid spanne het 3 drieë gedruk.
Ronaldo Pietersen (vleuel), Lee Marco Pietersen en die plaasvervanger skrumskakel Elvino Everts het elk ’n drie vir All Blacks gedruk. Duwayne Pietersen (heelagter) was met twee doelskoppe in die kol.
All Blacks B het met 21-0 verloor.

• Collegians het Saterdag in hul eerste wedstryd van die seisoen op Prins Albert met 22-16 teen Willing Hearts verloor. Die rustydtelling was 7-3 in Willing Hearts se guns.
Die wedstryd was in ʼn goeie gees gespeel, maar Collegians het te veel onnodige foute gemaak wat hulle die wedstryd gekos het.

Collegians se loskopstut en kaptein Guido Koert en die slot Francois Botha het Willing Hearts voorlangs baie besig gehou terwyl die senters van Collegians, Roegelin Campher en Herenzo September, in die aanval en verdediging uitgeblink het.

Vir Collegians het Shedwick Sauls ’n drie gedruk en ’n strafdoel oorgeskop. Roberto Botha het met ’n doelskop en twee strafdoele geslaag.

Collegians B het Hearts met 11-7 gewen.

Log in with your credentials

Forgot your details?