Fietsryklub vereer topryers

By die Oudtshoorn Fietsryklub se jaarlikse prysuitdeling was van links Mike Lombard (voorsitter van die klub), Chandré Schultz (bes­te vordering junior meisies), Casper Pretorius (Junior Sportman van die Jaar), Errol Pretorius (Beste Vordering: Mans), Charlissa Schultz (Junior Sportvrou van die Jaar) en Jaco von Molendorff (tesourier). Voor is Edward Dalton (Beste Vordering: Junior Seuns). Afwesig: Jessica Gerber (beste vordering vroue), Yolandé de Villiers (beste prestasies gedurende die jaar), Fienie Barnard (Sportvrou van die Jaar) en Phillo Verlaat (Sportman van die Jaar).           Foto: Liesel le Roux

Deur Liesel le Roux
DIE Oudtshoorn Fietsryklub se Sportman van die Jaar en Sportvrou van die Jaar is Phillo Verlaat en Fienie Barnard.

Barnard was vanjaar die Suid-Afrikaanse kampioen vroue 40+, die Wes-Kaapse pad- en tydtoets­kampioen, was 9de in die Cape Epic, onder die top 10 in die Cape Pioneer Trek en die eerste vrou 40+ by die Wines to Whales Fietswedren.

Verlaat, ’n para-fietsryer, het goud verwerf by die Suid-Afrikaanse Kampioenskap en Suid-Afrika verteenwoordig by die Wêreld-fietsrykampioenskap in Pietermaritzburg.

Die Oudtshoorn Fietsryklub het Vrydagaand by sy jaarlikse prysuitdeling toppresteerders vir 2017 vereer. Die Junior Sportman van die Jaar is Casper Pretorius en Charlissa Schultz is die Junior Sportvrou van die Jaar.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?