Eerste op SA ranglys ná nog tennistitels

Christine van Coller

Christine van Coller

Garnett Wicomb

Garnett Wicomb

Deur Garnett Wicomb
TWEE lede van die Wesbank Tennisklub, Christine van Coller en Garnett Wicomb, het Sondag in Kaapstad nog enkelspeltitels agter hul name geskryf deur die eindstryde in hul onderskeie ouderdomsgroepe in die Cape Town Seniors Tennistoernooi te wen.

Van Coller het Debra Hyde van Knysna met 4-6, 6-0 en 6-3 in die eindstryd geklop terwyl Wicomb in die eindstryd teen Arnie Poole van die WP gespeel het. Poole het die wedstryd op 4-1 prysgegee.

Van Coller (50+) en Wicomb (75+) het in Desember verlede jaar die Eden-enkelspeltitels en in Januarie vanjaar die WP enkelspeltitels gewen. Al-bei is tans eerste gekeur op Tennis Suid-Afrika se ranglys.

Van Coller het saam met Louise Chiat tot die eindstryd van die vrouedubbelspel deurgedring, maar die wedstryd prysgegee weens ’n besering wat Chiat opgedoen het.

Hanlé Cronje en Maryne Olivier, ook van Wesbank, het in die eindstryd van die 65+ vrouedub-bels met 3-6, 3-6 teen Arlene Gelbert en Shirley Larson verloor. Cronje het in die enkelspeleind-stryd teen Shirley Engels van die WP verloor.

Log in with your credentials

Forgot your details?