Die Hoorn se Sportkalender

Donderdag, 20 April 2017
ATLETIEK: • Die Klein Karoo Sake-aflos begin vanaand om 18:00 vanaf die Spur en Du Plessis Motors. Vir navrae kontak Dave van der Walt by 082 774 4901

Vrydag tot Sondag, 21 tot 23 April 2017
BERGFIETSWEDRENNE: • Die sesde 360NE Uitdaagbergfietsren oor 361 km begin môre-aand (21 April) om 18:00 by Kleinplaas Vakansieoord op die hoek van Noord- en Baron van Reedestraat, Oudtshoorn. Die halfresies begin Saterdag (22 April) om 06:00 by Thylitshia Country Lodge in Volmoed. Die prysuitdeling is Sondag (23 April) om 09:00 by Kleinplaas.

Vrydag, 21 April 2017
RUGBY SWD Karoostreekliga: • Adias speel teen Kango United op die Oudtshoorn Sportgronde (Rec) vanaf 17:00. Die A-spanne begin om 20:10. Vir navrae skakel Jenay Stoffels by 0789270429.

Saterdag, 22 April 2017
RUGBY SWD Premierliga: • Bridgton speel teen Silverstars op die Oudtshoorn Sportgronde (Rec) vanaf 14:30. Die A-spanne begin om 16:00. Vir navrae kontak Shirley Ewerts by 0743029816.
SWD Presidentsliga: • All Blacks speel teen Collegians op die Bridgton Sportgronde (Plate) vanaf 14:30. Die A-spanne begin om 16:00. Navrae: Damon Gysman – 073 441 2619. • Collegians speel teen Beaufort-Wes op die Bridgton Sportgronde vanaf 14:30. Die A-spanne begin om 16:00 speel. Navrae: Julian Fillies – 0849836088.

Saterdag, 27 Mei 2017
VELDWEDLOOP: • De Rust: Meiringspoort Uitdaagwedloop oor 9,5 km of 19,5 km. Vir navrae kontak Pieter by 082 377 0547.
BERGFIETS: • De Rust, Meiringspoort Uitdaagbergfietsren oor 30 km en 60,5 km. Vir navrae kontak Henkie by 082 396 4094.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?