Die Hoorn se Sportkalender

Vrydag, 21 Julie 2017
RUGBY: SWD Presidentsliga • Collegians speel op die Bridgton Sportgronde (Plate) teen Dysselsdorp Rangers. Die wedstryd begin om 18:00.
Vir navrae kan Julian Fillies by 084 983 6088 gekontak word.

Saterdag, 22 Julie 2017
RUGBY: SWD Presidentsliga • Spring Roses kom te staan teen Willowmore op die Bridgton Sportgronde. Die B-spanne skop om 14:00 af en die A-spanne om 15:30. Vir navrae kan Pieter Lottering by 073 366 6899 gekontak word.
GHOLF: • Die Oudtshoorn Gholfklub se maandelikse geborgde Vleisdag begin om 08:00 by die gholfklub se bane. Vir navrae kan Gideon Badenhorst by 082 823 3736 gekontak word.

Saterdag, 22 Julie 2017
BERGFIETSWEDRENNE: • Die tweede been van die Die Hybrid Track Seriesbaan-bergfietswed­renne vind plaas by die Arnold de Jager Ovaalren- baan wes van Oudtshoorn. Inskrywingsvorms is beskikbaar op die webtuiste van Jakhals Events: https://jakhalsevents.wixsite.com/jakhalsevents/events. Corné Botha kan ook vir enige navrae gekontak word by 074 260 2871.
Die wedrenne begin om 12:30.

Saterdag, 29 Julie 2017
HOëRSKOLESPORT: • Die Hoërskool Oudts-hoorn speel rugby, netbal en hokkie teen die Hoërskool DF Malan. Al die wedstryde vind op Struisies se sportvelde plaas. Die eerste wedstryde begin om 08:00. Vir navrae kan Stix Theunissen gekontak word by tel 044 279 1623.

Woensdag, 2 Augustus 2017
GHOLF: • Die maandelikse Oudtshoorn Besig-heids­kamergholfdag begin om 08:00 by die Oudts­hoorn Gholfklub. Vir navrae kan Gideon Baden- horst by 082 823 3736 gekontak word.

Log in with your credentials

Forgot your details?