Die Hoorn se Sportkalender

Vrydag & Saterdag, 9 & 10 Junie 2017
PLUIMBAL: • Die Oudtshoorn Pluimbalklub speel gasheer vir uitnodigingspanne van George, Mosselbaai, Graaff-Reinet, Port Elizabeth en Stilbaai by die De Jager Sportsentrum. Die wedstryde vind Vrydag vanaf 19:00 tot 23:00 plaas en Saterdag van 09:00 tot 18:00. Vir navrae kontak Marius van Huysteen by 081 018 8010.

Saterdag, 10 Junie 2017
RUGBY SWD Presidentsliga: • All Blacks speel teen Spring Roses op die Bridgton Sportgronde. (Plate). Die A-spanne begin om 15:30. Navrae: Damon Gysman – 073 441 2619. Karoostreekliga: • Adias speel vanaf 13:00 teen Young Leaves op die Oudtshoorn Sportgronde (Rec). Die klubs se A-spanne takel mekaar vanaf 15:30. Navrae: Lionel Prinsloo – 072 291 3970. • Tussenin speel Kango United, ook op die Rec, vanaf 14:15 teen Gamka. Navrae: Norman October – 074 621 3853.
TROMPOPPIES: • Die finale ronde van die SWD Trompoppiekampioenskapsreeks vind op die De Jagersportstadion plaas. Die Kampioen van Kampioene gaan tydens dié ronde bepaal word. Skole van Oudtshoorn, De Rust, Dysselsdorp en Albertinia neem deel in drie afdelings, naamlik juniors (gr 1-3), laerskole (gr 4-7) en hoërskole (gr 8-12). Verrigtinge begin om 08:30. Die prysuitdeling is om 17:30. Navrae: Carina – 044 272 2845.
OVAALBAANWEDDRENNE: • The Best Against the Rest Hotrod-wedrenne vind vanaf 15:00 plaas op die Arnold de Jager Ovaalbaan wes van Oudts­hoorn op die Calitzdorppad. Navrae: Dirk van der Westhuizen – 072 854 8830.

Vrydag & Saterdag, 16 & 17 Junie 2017
RUGBY: • Die o.18 Cravenweek- en Akademie- spanne en die o.16 Grant Khomorugbyspanne van die OP, WP, Boland en SWD pak mekaar op die Langenhoven Gimnasium se sportgronde. Die eerste wedstryde begin Vrydag om 13:00. Navrae: Theo Ferreira – 044 272 2151.

Sondag, 18 Junie 2017
FIETSRY: Calitzdorp MTB Classic, ’n eendag-bergfietsren vind plaas as deel van die Calitzdorp Winterfees. Navrae: Jamesly – 082 850 8170.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?