Die Hoorn se Sportkalender

Saterdag, 20 Mei 2017
LAERSKOLEHOKKIE: • Laerskool Wesbank speel gasheer vir ’n o.14-seunshokkietoernooi waaraan agt skole (George-Suid, Holy Cross, Durbanville, Knysna, Outeniqua, Van Reede en Hartenbos) gaan deelneem. Die toernooi is om 08:00 tot 12:00. Die wedstryde word gespeel op die Laerskool Wesbank en die Hoërskool Oudtshoorn se sportvelde. Navrae: Chitane – 044 279 1731. Die Wes-Kaapse laerskolenetbalproewe vind terselfdertyd by Laerskool Wesbank plaas.

Saterdag, 20 Mei 2017
RUGBY: SWD Presidentsliga • Collegians speel vanaf 14:15 teen Spring Roses op die Bridgton Sportgronde (Plate). Die A-spanne begin om 15:30. Navrae: Kontak Julian – 084 983 6088.
Karooliga • Kango United speel vanaf 14:15 teen Swings op die Oudtshoorn Sportgronde (Rec). Navrae: Norman October – 074 621 3853. • In nog ‘n wedstryd op die Rec speel die Oudtshoorn Rugbyklub vanaf 15:30 teen Gamka. Navrae: Ferdie van Rensburg – 084 991 6886.

Saterdag, 20 Mei 2017
GHOLF: • Die Oudtshoorn Gholfklub se maandelikse vleisdag begin om 08:00 op die klub se baan. Navrae: Gideon Badenhorst – 082 823 3736.

Saterdag, 27 Mei 2017
VELDWEDLOOP EN BERGFIETS: • Die vierde Meiringspoortveldwedloop- en bergfietswedren begin op De Rust by die NG Kerkterrein. Die weg-springtyd vir die bergfietsrenne is 07:00 en die veldwedlope begin om 07:30. Navrae (veldloop): Pieter – 082 377 0547; (bergfietsitems): Henkie – 082 396 4094.
GHOLF: • Die Sanlam Kankergholfdag vind plaas op die Oudtshoorn Gholfklub vanaf 08:00.
Navrae: Gideon Badenhorst – 082 823 3736.
Stuur bydraes vir kalender na sport@hoorn.co.za

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?