Dertien voltooi Two Oceans

Deur Higgo Jacobs
Dertien atlete van die Oudtshoorn Amateur Atletiekklub het die Old Mutual Two Oceans Halfmarathon of Ultrawedloop oor 56 km in die Kaapse Skiereiland Saterdag, 31 Maart, voltooi.

Dié wedloop wat reeds sedert 1970 jaarliks plaasvind, is wyd bekend as die mooiste ultrawedloop ter wêreld. Die roete sluit in Chapmanspiek, Houtbaai en Constantianek.

Van die Oudtshoorniete het Liesl Jonker met ’n tyd van 06:26:35 die beste in die 56 km-wedloop gevaar. David McKinnon (06:30:13) en Arenhold Hooper (06:30:14) was kort op haar hakke.

Die ander Oudtshoorn-atlete het as volg gevaar:
• Half-marathon: Jaco Jordaan (02:13:33), Lo-rette Jordaan (02:13:34) en Louis Oosthuizen 02:13:35.
• Ultra-marathon: Chanel Rood (06:35:10), Jo-sephine Oosthuizen (06:35:31), Elbie Swanepoel (06:38:43), Zani Smith (06:38:44), Johnel van der Westhuizen (06:38:44), Herman Kruger (06:43-:32) en Marietjie Kruger (06:43:32). Francois

Genis het die wedloop in 07:10:57 voltooi, maar dit was na die afsnytyd.

Log in with your credentials

Forgot your details?