Dankie aan steun vir Vlakkie-krieket

Shirlene Koopman (links voor), kaptein van die Seven Stars-netbalspan, met haar trofee tydens die prysuitdeling. Langs haar is Petrus Manuel, Firestones Speler van die Jaar, en Lizelle Mei van die Rollies-netbalklub wat die Jeugdagtoernooi gewen het. Agter van links is Marco Donson (tesourier), Denzil Erasmus (voorsitter), Gavin Pietersen (HUB), Craig Campher, kaptein van Legends, Span van die Jaar, Apollis October, kaptein van Spartans, wenner van die Top 8-afdeling, Damion Esau, kaptein van die wenspan OPL en Speler van die Toernooi, Leon Daniels (sekretaris) en Piet Jacobs (vise-voorsitter).

Eden Rainbow Development Projects (ERDP), wat jaarliks die Oudtshoorn Premierliga (OPL) Vlakkiekrieket- en Netbaltoernooie aanbied, het Saterdag, 24 Desember, verlede jaar, sy prysuitdelingsgeleentheid gehou.

Die voorsitter, Denzil Erasmus, het die hoop uitgespreek dat die projek, ’n nie-winsgewende organisasie, in 2017 nog hoër hoogtes sal bereik en almal bedank wat die projek ondersteun.

Hy het ook die klubs bedank wat aan verlede jaar se kompetisies deelgeneem het.

Volgens die hoof- uitvoerende beampte van die OPL, Gavin Pietersen, het 16 krieket- en tien netbalspanne verlede jaar deelgeneem.

Mense wat die projek wil ondersteun kan vir Pietersen by 073 738 6746 skakel of die tesourier, Marco Donson, by 071 248 4819.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?